SAM

Saturday, August 23, 2014

Steve sink fees





Die sanger Steve Hofmeyr. Foto: Lourens Smit, InniLens Photography

KAAPSTAD. – Steve Hofmeyr se beoogde optrede by die Namaquafees op Vredendal het soveel onmin veroorsaak dat die fees nou gekanselleer is.
Dié fees, wat jaarliks tot 8 000 mense lok, sou einde Oktober plaasvind.
Lionel Phillips, waarnemende direkteur: ontwikkeling en stadsbesplanningsdienste, het verlede Vrydag 'n e-pos namens die munisipaliteit aan die organiseerder, Events24, gestuur waarin versoek word dat Hofmeyr nié by die fees op die verhoog klim nie.
Die e-pos lui: “Mnr. Hofmeyer (sic) is bekend vir sy rasistiese (sic) opstokery deur die liedjies en opmerkings wat hy sing en maak.
“In die lig van bogenoemde deel ek u graag mee dat die munisipaliteit u vriendelik dog ernstig versoek om NIE voort te gaan met die uitnodiging aan mnr. Hofmeyer om op te tree by bogenoemde fees.”
Louis le Grange, eienaar van Events 24, het Donderdag gesê hy is nie lus om by sulke tipe politiekery betrokke te raak nie.
“Events24 het aan die fees onttrek. Ek het klaar die besluit geneem. Ek het omtrent 20 kunstenaars gekanselleer, so die fees is in wese gekanselleer.”
Intussen het Hofmeyr op Twitter geskryf: “Die stadsraad (ene Lionel Phillips) wou die organiseerder & myself voorskryf toe onttrek ons beide. Ek kry regsadvies. Sy bal op ’n bokkoms.”

 http://www.dieburger.com/nuus/2014-08-21-rassistiese-steve-mag-nie-by-fees-optree-s-munisipaliteit

No comments:

Post a Comment