SAM

Friday, August 15, 2014

Juanita du Plessis

Hi almal!

Die "London goes SA - trip" was heerlik!! Dit voel nogsteeds so onwerklik om te dink ek het daar opgetree...

Dis 'n pragtige stad met dele wat my baie herinner aan Pretoria se middestad. Die kasteelagtige geboue het my asem weggeslaan! En die rooi busse en telefoonhokkies, in die hartjie van London, het my vinnig laat besef waar ek rerig is! Ons het nie baie tyd gehad om die omgewing te verken nie, maar het wel 'n tydjie gehad om op een van die honderde treine te spring om te gaan kyk wat ons kon! Dis natuurlik hulle grootste manier van vervoer... treine. Dis so maklik en vinnig om van een plek tot by die volgende te kom! Die huise in London se middestad is vreeslik klein... met geen tuine nie! Ek het heeltyd gewonder waar braai hierdie mense dan???Het nie baie "ge-shop" nie, want dis vrekduur met ons randwaarde wat so min werd is...

Die 2 vertonings was 'n absolute hoogtepunt vir my! Ek kon die "honger" vir Afrikaanse musiek en ons taal op elkeen se gesig sien... En om te hoor hoe al hierdie oud Suid-Afrikaners elke woord van my liedjies saamsing was onbeskryflik! Daar was 'n ongelooflike atmosfeer in die gehoor en hulle het ons rerig op die hande gedra!

Baie dankie vir elkeen in London wat kom saamkuier het en die wonderlike span wat saam getoer het! Ek wil beslis weer eendag soontoe gaan! (Maar ek sal eers BAIE geld moet spaar daarvoor!! Hehe..)

Ek het so paar foto'tjies aangeheg! En het ook foto's geneem van die gehoor, so kyk of julle hier in SA dalk iemand sien wat bekend is!

Wil net vir almal baie dankie se vir julle ongelooflike ondersteuning met my nuwe country album "Nashville!" Waardeer dit so baie... As jy hom nog nie het nie, kry hom!!

Lief julle! x

No comments:

Post a Comment