SAM

Sunday, August 24, 2014

Steve Hofmeyr

Soos voorheen en nou en môre, is ek steeds beskikbaar vir die Namakwafees. Julle het my nommer. Ek en die Vredendallers is reg…
*
Toeka 3 in September 2014 gaan sooo blerrie puik wees. Ek's verheug. Nee, opgewonde soos ‘n kind. Ek sing 20 ou treffers, met hoendervleis as Pierre de Charmoy,Herbie&Spence, Danie Botha, Clout, Clive Bruce, Andre Schwartz & vele ander inval op hul eie grootste treffers. Ook met ONS BLOED BLY BLOU en SIT DIE LIGTE AAN. En dan natuurlik DIE STEM. Omdat julle so mooi gevra het - opgedra aan alle stadsrade...
*
Jy weet eendag gaan iemand opstaan by Ellispark of Loftus en uitbreek in Die Stem. Dan is die koeël deur die kerk.
*
SIT DIE LIGTE AAN kan nou hier afgelaai word (https://twitter.com/Universalmus_SA/status/500703484019089409) - of wag maar soos ekke vir die TOEKA 3 CD in September.
*
Laai gratis jou Steve Hofmeyr GPS App af deur net "Afriforum" in te te tik by jou App-stoor. Roetes in Afrikaans met die nodige ekstra kwinkslae. En oppas vir my lukraak, effe ongevraagde, reisadvies. Hiehie...
*
Totsiens Verna. Wat 'n dame. Totsiens Heksie. Ons was almal jou kinders.
*
Rare foto van myself, PW en ET in dieselfde vertrek...wat 'n eer. Starship Enterprise. Captain Spock, magnify that to ten. All systems go http://twitter.com/steve_hofmeyr/status/503076011907760128/photo/1 (foto 2 regs)
*
In Augustus waai die blare af wat in herfs nie geval het nie en die winter nie wou los nie...
*
Ek verdwyn vir ‘n week op ‘n verrassingstrippie saam my vroutjie vir my 50ste. Waarheen, mag ek glo nie weet nie. Dit klink my ons vlieg. Terug in September. Sal skinder. Tara.






No comments:

Post a Comment