SAM

Saturday, August 16, 2014

Bobby Van Jaarsveld

JONGSTE NUUSBRIEF
3 Maart 2014
Julle nog daar??? Ek hoop so! Ekt so flippen lanklaas vir julle geskryf dat ek nou wonder of julle nog aangeteken is vir my nuusbrief….. Gaan dit goed? Met my gaan dit regtig goed. Daar is so vrek baie om voor dankbaar te wees. dat selfs wanneer dinge bietjie taai gaan, kan ons nog steeds ons seeninge tel. Daar is baie. En daarvoor is ek dankbaar.
Sjoe. Daar het so baie gebeur in die afgelope paar maande na die sukses van Liefling die Musiekblyspel. Dit was een van my heel lekkerste projekte nog ooit! Dis seker ook hoekom ek so opgewonde (en bietjie bang) is oor die nuwe verhoogproduksie wat in April op die planke is by die Staatsteater. DROOMKIND, Die Storie van Josef. Ek het onsettend baie vertroue in Renier Keyser en sy span dat die standaard van die hierdie produksie net so goed en dalk nog beter gaan wees as hulle ander produksies. Renier-hulle was ook verantwoordelik vir produksies soos Esther en Liefling. So ja, ek dink dit gaan great wees! Die storie is gebasseer op die verhaal van Josef in die Bybel, MAAR dit speel af in vandag se tyd. 'n Moderne weergawe. 'n Storie van hoop. Iets wat almal van nodig het in vandag se lewe. Dit begin die 4de April in die Staatsteater in Pretoria en julle kan kaartjies koop by Computicket. Ek hoop om julle daar te sien!

Ek kon eergister nie my ore glo toe ek hoor dat Afrikaans is Groot 2014 se Pretoria konserte binne 'n paar ure alles uitverkoop het nie!!!! Wow julle……. Ons sou net 8 shows gedoen het, maar daar is toe 'n 9de show oopgemaak en die 9de show was ook binne 90 minute uitverkoop. 9 Shows in 'n kwessie van ure uitverkoop! Die Afrikaanse taal en musiekindustrie is springlewendig en gesond. Niemand kan hierteen stry nie. Hierdie statistieke bewys dit deur en deur. Wat 'n voorreg is dit nie om deel te kan wees van hierdie konsert nie??? Dis 'n blessing.

No comments:

Post a Comment