SAM

Saturday, August 30, 2014

"Op 30 voel ek goed
Word ek bygestaan
deur my verlede
eerder as vervolg..." (uit Valkuns)

Dêmnation. Kan dit 20 jaar later wees? Op 30 het ek natuurlik vele planne gehad wat ek vanoggend, op my 50ste, van afskeid moet neem. Soos om 'n derde taal te leer, om 'n bodybuilder te word, 'n biljoenêr en 'n wêreld-bekende atleet. Ja, ek's bewus van wonderwerke, maar selfs hulle is in tyd vervang: met die gerusstellende wete dat ek seker vir altyd onseker sal wees oor alles behalwe my kinders en die volume liefde in my lewe. Dat die totaal van my ervaringe net myne is en dat ek die som daarvan is, die goed en minder goed. Dat ek oud genoeg mag word om soos my moeder my kinders te mag sien 50 word en my vrou mag omhels solank ek hierdie arms in die lug kan hou.
Eintlik is ek 'n biljoenêr.
Net nie die tipe wat ek voor gehoop het op 30 nie.
*
Dankie vir letterlik duisende goeie wense van regoor die planeet. Janine bederf my half simpel. Stormagtige dag hier op Bazaruto eiland maar darem warm. Ek's 50! Hiehaa! Rumatiek en skete! Hiehaa. Brille en pille.Hiehaa. (Hoe de hel vier mens 50?)
Ek sit in die wifi hoekie en lees die mooiste gelukwense van vrinne en vreemdelinge. Dankie my vroutjie vir die mooiste weergawe van Hêppie Birthday. Ek weet jy sing NOOIT.
Ek's Maandag terug ini tuig.

Kliek hier as jy saam my wil onthou... www.youtube.com/SteveHofmeyrTV

Dankie vir die mooi video van gelukwense, ook onder.

Dankie duisend...
Steve

No comments:

Post a Comment