SAM

Monday, August 18, 2014

Juanita du Plessis

Hallo vriende!!

Dis met GROOT opgewondenheid en DIEPE dankbaarheid dat ek vanoggend die goeie nuus vir julle kan gee... My dubbel country album "NASHVILLE" is KLAAR!!!!!!!!!!!!!!!!! Hierdie is een van my grootste drome wat waargeword het... En ek dank my Hemelse Vader onophoudelik hiervoor!!!!

Hierdie nuwe album sal vir die heel eerste keer beskikbaar wees by die "Hoogtyd" vertonings van my en Steve die naweek! Vanaf Maandag behoort dit dan na winkelrakke toe te gaan! So kyk uit daarvoor!! Ek weet julle gaan dit so geniet!!

Die res van die week is ons almal hard besig met die voorbereiding vir die naweek se 3 uitverkoopte shows by Carnival City!! Ek en Steve is baie opgewonde en ons is rerig baie dankbaar vir julle ongelooflike ondersteuning! Vir almal wat vra... die moontlikheid is nie uitgesluit om hierdie vertoning op toer te vat nie... Maar ons sal julle op hoogte hou!

So, hier is hy!!! My eerste volwaardige dubbel country album uit Nashville!!! Yeeeeeeehaaaaaaa!!!

No comments:

Post a Comment